# Die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, ontken die KwaZulu-Natalse Valke-beampte, Deenadayalan Govender, se bewerings teen hom by die Madlanga-kommissie. Govender het verlede week getuig Mchunu het hom probeer oorreed om talle skietvoorvalle deur die polisie, voor die deur van die provinsie se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, te lê. Mchunu se woordvoerder, Sithembiso Mshengu, het aan Newzroom Afrika gesê die bewering is sonder enige bewyse gemaak en die minister verwerp dit met die minagting wat dit verdien:
Mchunu ontken KZN Valke-beampte Govender se bewerings dat hy Mkhwanazi teiken [KLANK]
ENG MshenguOnAllegation