Nuus 07:00
BULLETIN 3 Februarie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Meer as 23-duisend kieserregistrasie-sentrums is die naweek oop
# Alle brandlyne is onder beheer in die Kaapse Wynland-distrik
# En, ‘n Nigeriese tradisionele monarg doogeskiet en sy vrou ontvoer
# Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê 23-duisend-303 registrasiesentrums oral in die land open agtuur vanoggend vir alle stemgeregtigde Suid-Afrikaners om te registreer of hulle besonderhede voor die verkiesings na te gaan. Die stasies sluit vanmiddag om vyfuur. Dieselfde ure geld môre. Een-miljoen nuwe kiesers het in November se veldtog geregistreer wat die totaal op net meer as 26-miljoen uit 42,3-miljoen stemgeregtigdes te staan gebring het. Die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, verseker die publiek voorbereidings is getref om uitdagings, insluitend moontlike protesoptrede, die hoof te bied.
# Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit se Branddienste en helpers het beduidende vordering gemaak en alle brandlyne is nou onder beheer. Spanne bly bedag vir moontlike opvlammings in die warm weer, en gaan voort om op te ruim. ‘n Woordvoerder, Anesca Roodt, skryf die welslae toe aan samewerking wat die deurslag gegee het om die brande die afgelope tien dae te bestuur:
# Gewapende mans het ‘n tradisionele leier doodgeskiet en sy vrou en nog ‘n persoon in die suidweste van Nigerië ontvoer. Die aanvallers het die paleis van Segun Aremu, ‘n afgetrede weermaggeneraal en monarg, bestorm. Dit is nie duidelik of die aanvallers ‘n losprys geëis het nie. Die jongste moord en ontvoering volg enkele dae na veldtogvoerders geëis het dat ‘n noodtoestand afgekondig word om die kwessie te takel. Sowat 50 burgerlike organisasies sê meer as as een-duisend-800 mense is ontvoer sedert president Bola Tinubu in Mei verlede jaar aan bewind gekom het.
# En ten slotte: Krieket: Die Suid-Afrikaanse snelbouler, Kwena Maphaka, het sy lopie-oes op die Onder-19 Wêreldbekertoernooi tot 18 geneem met gister se ses teen Sri Lanka in Potchefstroom. Die gashere het die Super Sesse-kragmeting met 119 lopies gewen. Die jong Proteas het ‘n verdienstelike 232 aangeteken, danksy 71 van Lhuandré Pretorius, en Maphaka het daarop net 21 lopies afgestaan om te help om Sri Lanka vir slegs 113 uit te haal. Die laaste drie kragmetings in die Super Sesse vind vandag plaas en die halfeindstryde Dinsdag en Donderdag.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….