# Die Vryheidsfront Plus sê Suid-Afrika kan nie sy handelsmarkte, beleggings en ekonomiese groei volhoubaar herstel as plaaslike regering nie eers herstel word nie. Die party sê wanbestuur, wateronderbrekings, vervalle paaie en swak vullis-bestuur is van die kwessies wat munisipaliteite raak. Woordvoerder Jaco Mulder sê hulle moet terugkeer na die basiese beginsels van bevoegde bestuur, finansiële dissipline, doeltreffende inkomste-invordering, gereelde onderhoud aan infrastruktuur en gevolge vir wanbestuur en laksheid:
VF Plus sê munisipaliteite moet ekonomie aandryf, nie kniehalter nie [KLANK]
AFR MulderOnMunicipalities