# Die Stad Kaapstad waarsku dat deelnemers aan onwettige straatwedrenne met die volle mag van die wet te doen sal kry. Verkeersdienste het die naweek in Mitchells Plain daarteen opgetree. Drie mense is aangekeer en hul voertuie geskut. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê ʼn geskutte voertuig wat slegs verbind word met oortreding van ʼn verordening, kan onmiddellik vrygestel word deur die voorgeskrewe boete van twee-duisend-500-rand te betaal:
Kaapstad toon geen verdraagsaamheid teenoor onwettige straatwedrenne nie [KLANK]
AFR SmithOnRacing