# Die Vereniging van Staatsamptenare het ‘n Arbeidshof-interdik bekom teen die Registrateur van Arbeidsverhoudinge, wat in Junie in die Staatskoerant verklaar het hy is van plan om die vakbond se registrasie te kanselleer. Die VSA is 60-dae gegee om vertoë te rig. Die arbeidsregistrateur, Lehlohonolo Molefe, sê die derde grootste staatsdiensvakbond het nie geouditeerde finansiële […]
# Die Chinese Ministerie van Buitelandse Sake sê sanksies en ander vorms van druk los nie internasionale geskille op nie. Amerika het nuwe ekonomiese sanksies teen Iran ingestel, geteiken op digitale bates, tegnologie, goud, die lugvaartbedryf en skeepsvaart. Washington waarsku enige land wat finansieel saamwerk met Teheran kan uitgesluit word. Iran se grootste handelsvennote sluit […]
# Die rand het vanoggend die eerste keer in byna ses maande tot die belangrike vlak van onder 16-rand teenoor die Amerikaanse dollar versterk. Ontleders skryf dit toe aan ‘n swakker Amerikaanse dollar, stygende goud- en platinumpryse, asook sterk buitelandse belangstelling in Suid-Afrikaanse staatseffekte. Volgens Investec is sowat 63,7-miljard-rand vanjaar gebruik vir die plaaslike skuldmark, […]
# Die Posbank het bykans 80-duisend begunstigdes van maatskaplike toelaes gevra om betyds oor te skakel van SASSA se gouekaarte na die Posbank se swartkaarte. Die sperdatum is Maandag. Meer as 1,8-miljoen begunstigdes het reeds oorgeskakel sedert die proses verlede jaar begin het. Woordvoerder Bongani Diako sê bykomende bedryfs-maatreëls is ingestel by kaartvervangingspunte om die […]
# Die Amerikaanse regering het Sirië amptelik verwyder van sy lys van lande wat terrorisme steun. Die land was sedert 1979 op die lys toe Washington oudpresident Hafez al-Assad se regering beskuldig het dat hulle militante groepe ondersteun. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê die besluit erken die positiewe stappe wat die […]
# Die DA in Tshwane sê meer beleggings is nodig om die Rebeccastraat-krematorium te herstel. Die party verwerp ʼn voorstel dat die bestuur van die krematorium in die weste van Pretoria na die metro se Departement van Streeksbedrywighede en Koördinering oorgedra word. Dit word tans deur die stadsbestuurder se kantoor bestuur. Marika Kruger Muller van […]