# Nasionale Tesourie sê hoewel die globale ekonomiese omgewing onseker bly, verbeter Suid-Afrika se mededingendheid danksy die volgehoue implementering van strukturele hervormings. Dit verminder ook beperkings op groei en lê die grondslag vir meer private beleggings. Die regering het verlede week Operasie Vulindlela se eerste kwartaalverslag vir 2026 vrygestel. Dit toon volgehoue vordering met hervormings […]
# Tshwane-burgemeester Nasiphi Moya sê die stadsbestuurder, Johann Mettler, het sy pligte hervat. Die Gautengse Hooggeregshof het beslis die raad-speaker, Mncedi Ndzwanana, het verkeerdelik 13 stemme verwerp voor hy verklaar het Mettler word volgens ʼn raadsbesluit geskors. Die hof het bevind die speaker het nie gesag om te besluit watter raadslede se stemme tel nie. […]
# Krieket: Die Wes-Indiese Eilande se aanvangskolwer, Brandon King, glo hulle kan ‘n groot eerstebeurttelling bereik in die tweede en laaste toets teen Pakistan in Trinidad. Die veelsydige Justin Greaves was onoorwonne op 64 na die eerste dag en kaptein Roston Chase op 36, met die telling 239 vir vyf. Die Windies het die eerste […]
# Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plaaslike Regerings sê met slegs drie maande oor voor die plaaslikeregeringsverkiesing, sal hy in Augustus en September provinsiale ledevergaderings in alle provinsies belê. Dit dien as strategiese platform om vordering te hersien, probleme te takel en die toekomstige koers van plaaslike regering te vorm. SALGA-woordvoerder, Motalatale Modiba, sê belangrike punte […]
# President Donald Trump van Amerika sê onderhandelings met Iran hervat vandag. Dit volg ná sy besluit om alle beplande aanvalle op te skort met die voorwaarde dat ʼn ooreenkoms vinnig bereik word. Hy sê Amerikaanse bondgenote in die Midde-Ooste en Iran het hom gevra om die beplande aanval te kanselleer. Die Iranse staatsmedia ontken […]
# Die polisie in die Wes-Kaap het ‘n soektog begin na die moord Saterdagaand op vier mans in Nyanga, Kaapstad. Polisiewoordvoerder Andrè Traut sê die slagoffers het in ‘n Toyota Avanza op Ou Klipfonteinweg gestop om ‘n pap band te herstel. Hy sê terwyl hulle daarmee besig was, is hulle aangeval deur onbekende gewapende mans […]