Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 5 Februarie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Brandbestryders veg voort teen die brand teen die hange van Bainskloof
# Die SA Wind-energievereniging sê die konsep kragplan moet behoorlik hersien word
# En, krieket: Nieu-Seeland oorheers met die kolf in die eerste toets teen Suid-Afrika
# Brandbestryders in die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit gaan voort om ‘n brand teen die hange van Bainskloof te bestry. Die brand het gisteraand uitgebreek. Die munisipaliteit se woordvoerder, Anesca Roodt, sê verskeie hulpbronne, wat lugondersteuning insluit, is ontplooi:
# Die Suid-Afrikaanse Windenergievereniging sê die land se voortslepende energiekrisis vereis vinnige optrede aan die hand van ‘n duidelike, omvattende en realistiese toepassingsplan. Die vereniging het gereageer met die vrystelling vir openbare kommentaar van die land se hersiene konsep Geïntegreerde Hulpbronplan 2023. Die plan bied ‘n ontleding van breë beskikbare opsies vir die land om aan drie afsonderlike doelwitte te voldoen, naamlik voorsieningsekerheid, energiebekostigbaarheid, en die verkleining van die koolstofvoetspoor deur minder koolstofvrystellings. Die vereniging sê die konsep-I-R-P 2023 verg intensiewe hersiening, deursigtigheid en kreatiewe oplossings.
# Die nasionale kommissaris, Fannie Masemola, sê die polisie sal steeds beslissend teen ernstige en geweldsmisdade optree. Dit volg na twee verdagtes in ‘n skietgeveg met die polisie dood is, nadat ‘n transito-rooftog die naweek in Dobsonville, Soweto gefnuik is. Beamptes het beslag gelê op ‘n R-5-geweer, drie A-K-47’s en drie voertuie wat in die misdaad gebruik is. ‘n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê intelligensie-operateurs is in die veld en alle spanne is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag:
# Krieket: Suid-Afrika het teen uitskeityd op dag twee van die eerste toets teen Nieu-Seeland in Mount Maunganui 80 vir vier op die telbord gehad. Rachin Ravindra het sy merkwaardige terugkeer voortgesit, en sy eerste dubbele honderdtal bereik, toe hy 240 van 366 balle aangeteken het, voordat die Black Caps op 511 in hul eerste beurt uitgeboul is. Die SA kaptein Neil Brand het ses paaltjies ingeöes. In antwoord is David Bedingham onoorwonne op 29, met Suid-Afrika wat nog 431 lopies agter Nieu-Seeland is, met ses paaltjies staande.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-04-sent teen die dollar, 20-rand-42-sent teen die euro en 23-rand-90-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 43-duisend-63-dollar-95-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-23-dollar-82-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 77-dollar-55-sent per vat.
# Ten slotte: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, het die Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Tyla gelukgewens met haar eerste Grammy-toekenning. Die 22-jarige het in die nuwe kategorie, Beste Afrika-musiekuitvoering gewen met haar groot treffer, Water. Die ministerie se woordvoerder, Litha Mpondwana, sê Suid-Afrika het sterk verteenwoordiging gehad by die Grammys, met Trevor Noah wat vir ‘n vierde keer gasheer was én benoem is vir Beste Komedie-album, terwyl die a-capella-groep, Just 6, én Musa Keys ook benoem is:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….