Skip to content

Rand versterk die eerste keer sedert Februarie tot onder R16 teenoor die dollar

# Die rand het vanoggend die eerste keer in byna ses maande tot die belangrike vlak van onder 16-rand teenoor die Amerikaanse dollar versterk. Ontleders skryf dit toe aan ‘n swakker Amerikaanse dollar, stygende goud- en platinumpryse, asook sterk buitelandse belangstelling in Suid-Afrikaanse staatseffekte. Volgens Investec is sowat 63,7-miljard-rand vanjaar gebruik vir die plaaslike skuldmark, wat beleggersvertroue verder versterk het. Die bank voorspel die rand sal gedurende die laaste kwartaal van die jaar teen ‘n gemiddeld van 15-rand-90-sent teenoor die dollar verhandel.