Skip to content

Musiekkenner sê Gen Z kan kompakskyf na 44 jaar laat herleef

# Die musiekkenner Shelon Leal sê dit is nou 44 jaar sedert die kompakskyf die manier verander het waarop die wêreld na musiek luister. Hy het aan Radio 702 gesê toe die kompaskyf in 1982 sy verskyning gemaak het, het sy bekostigbaarheid en duursaamheid dit meer gewild gewild gemaak as langspeelplate en magneetband, en dit was die eerste keer dat laserlig gebruik is om musiek te enkodeer. Leal se Gen Z kan moontlik nou kompakskywe terugbring want jong luisteraars rebelleer teen stroming en wil weer hulle eie musiek besit.