# Twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat beamptes van die Taktiese Reaksie-eenheid van die Johannesburgse Metropolisie gister onwettige vuurwapens in Lufhereng, Gauteng, onderskep het. Woordvoerder Xolani Fihla sê beamptes het reageer op inligting oor ‘n vuurwapentransaksie wat met ‘n voertuig verbind was en die voertuig afgetrek. Die polisie het ‘n geweer met ‘n magasyn, […]
# Die omstrede sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala het voor die Madlanga-kommissie getuig hy is in die duister gelaat en het nie genoeg geleentheid gehad om sy regspan se betoë ten volle te oorweeg nie. Matlala het voor die kommissie verskyn nadat hy voorheen geweier het om vrae te beantwoord oor die SAPD Medicare24-tender van 228-miljoen-rand. […]
# Tennis: Die Switser Roger Federer sien uit na ‘n spesiale terugkeer na die Arthur Ashe-stadion in New York vroeg môreoggend – sy eerste verskyning sedert sy laaste Amerikaanse Ope in 2019. Die 20-malige Grand Slam-kampioen sal ‘n vertoon-dubbelswedstryd speel saam met sy voormalige teenstanders, Andy Roddick, Andre Agassi en John McEnroe, tydens die Amerikaanse […]
# Die Appèlhof in Bloemfontein hoor tans die regering se appèlaansoek aan teen ‘n Hooggeregshof-uitspraak oor die maatskaplike noodverligtings-toelaag van 370-rand. Die Instituut vir Ekonomiese Geregtigheid en PayTheGrants, wat deur die Instituut vir Maatskaplik-ekonomiese Regte verteenwoordig word, voer aan die huidige aansoekvereistes sluit baie mense uit wat die toelaag dringend benodig. Die navorser Siyanda Baduza […]
# President Cyril Ramaphosa sê beter voorbereiding van infrastruktuur-projekte kan Suid-Afrika help om meer beleggings te lok en bouprojekte te versnel. Hy het die hoofrede aanlyn gelewer op die vyfde Volhoubare Infrastruktuur-ontwikkelingsimposium in Kaapstad. Ramaphosa sê te veel projekte word vertraag omdat dit nie behoorlik voorberei of befonds is nie. Hy sê sterker beplanning en […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê haar departement het reeds bykans 500-miljoen-rand uitbetaal in vergoedingsbetalings wat met die Waarheids- en Versoeningskommissie verband hou. Sy het aan die Nasionale Raad van Provinsies gesê regulasies is in 2003 gepubliseer vir ‘n eenmalige toelaag van 30-duisend-rand en meer as een-duisend-600 slagoffers geïdentifiseer om […]
# Die Rwandese president, Paul Kagame, ontken sy land is verantwoordelik vir die konflik in die Demokratiese Republiek die Kongo. Hy het op ‘n nuuskonferensie gesê die probleme is geskep deur Kinshasa en ander faktore. Kagame beskuldig naamlose partye dat hulle Rwanda ‘n sondebok maak om sekere individue te beskerm. Hy hou vol Rwanda word […]