# Statebondspele: Ahmedabad in Indië wil voortbou op die werk wat Glasgow 2026 gedoen het terwyl hulle voorberei om 2030 se Spele aan te bied. Skotland het die byeenkoms die vierde keer aangebied nadat die Australiese staat Victoria onttrek het. Meer as drieduisend atlete van 74 lande het aan 215 medalje-items deelgeneem. Gujarat se adjunk-eerste […]
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing ondersoek berigte van sardyne wat vrek langs die Wes-Kaapse kus, vanaf Saldanhabaai tot by Gansbaai. Wetenskaplikes het monsters vir toetsing versamel en waarnemers ontplooi om die omvang te bepaal. ‘n Skadelike algebloei is in Saldanhabaai opgespoor, maar geen oorsaak vir die vrektes is bevestig nie. Woordvoerder […]
# Eskom sê die onafhanklike ondersoek na moontlike onreëlmatighede met die verkryging van dieselbrandstof en bergingskontrakte sal nou eers einde Augustus voltooi wees. Daar is voorsien dat die regsontleding teen 31 Julie voltooi sou wees. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokoena, sê verdere dokument-ontleding en -vertolking, aanvullende onderhoude en oorweging van bepaalde regsaspekte van die bestuur […]
# Die Gautengse polisie ondersoek twee afsonderlike noodlottige skietvoorvalle in die De Deur-polisiegebied in die Sedibeng-omgewing. Vier mans is gister in ‘n taverne in Thulamtwana doodgeskiet en ‘n vrou is gewond en hospitaal toe geneem. Twee mans is in ‘n afsonderlike voorval in Weilersfarm noodlottig geskiet. Die polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê niemand is in hegtenis […]
# Gholf: Die viermalige major-kampioen Ernie Els sal Suid-Afrika in Desember aanvoer in ‘n nuwe vertoontoernooi op Fancourt in George. Hulle sal teen ‘n wêreldspan te staan kom, gelei deur die tweemalige major-kampioen José Maria Olazabal van Spanje. Die voormalige Protea-krieketkaptein AB de Villiers en die gewese Springbok-rugby-ster Fourie du Preez is ook deel van […]
# Rugby: ‘n Voormalige Springbok-losskakel gaan na verwagting binnekort as die Bulle se skopafrigter aangewys word. Die 58-jarige Vlok Cilliers, wat in 1996 een toets vir Suid-Afrika teen die All Blacks gespeel het, het onlangs van Frankryk teruggekeer, waar hy dieselfde rol vir die nasionale span vervul het. Hy was ook die Bulle se skopafrigter […]
# Die vakbondfederasie SAFTU verwerp president Cyril Ramaphosa se verdediging van Eskom se ontbondeling en sy bewering dat mededinging in elektrisiteits-opwekking pryse gaan verlaag. Hy het die eerstefase-verslag van die Eskom-herstrukturerings-taakspan aanvaar wat die plan ondersteun om Suid-Afrika se verspreidingsnetwerk ten volle onafhanklik van Eskom te maak. SAFTU se sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi, sê Ramaphosa se […]