# Tennis: Die Switser Roger Federer sien uit na ‘n spesiale terugkeer na die Arthur Ashe-stadion in New York vroeg môreoggend – sy eerste verskyning sedert sy laaste Amerikaanse Ope in 2019. Die 20-malige Grand Slam-kampioen sal ‘n vertoon-dubbelswedstryd speel saam met sy voormalige teenstanders, Andy Roddick, Andre Agassi en John McEnroe, tydens die Amerikaanse Ope-ondersteunersweek. Federer sê die geleentheid maak dit vir hom moontlik om ondersteuners te bedank en sy herinneringe aan die toernooi te vier. Hierdie vier het tussen hulle twaalf mans-enkelspeltitels in die toernooi gewen.
Tennis: Federer keer terug na die Arthur Ashe-stadion vir ‘n besondere vaarwel