Skip to content

Edelsteen-diefstalsaak teen Mkhwanazi uitgestel

# Die saak oor die beweerde diefstal van edelstene teen die geskorsde adjunkhoof van die Ekurhuleni Metropolisie, Julius Mkhwanazi, is tot 18 September uitgestel. Mkhwanazi, Kgomotso Makhubo, Adrian Mackenzie en Keisha Stols, het vanoggend in die Johannesburgse Landdroshof verskyn. Hulle word aangekla van die diefstal van edelstene ter waarde van 14-miljoen-rand. Mkhwanazi het na bewering ‘n polisieklopjag in Killarney beplan om die edelstene te steel. Die saak is uitgestel sodat die staat sy saak kan voorberei en die dossier aan die verdediging bekend maak.