# Die Vryemarkstigting sê die BELA-wet verskuif eerder skoolbeheer-probleme as om dit op te los. In ‘n beleidsvoorstel wat vanoggend gepubliseer is, voer die stigting aan die Wet verbreed provinsiale beheer oor toelatings- en taalbeleide sonder om die onderliggende spanning tussen skoolbeheerliggame en provinsiale onderwysdepartemente reg te stel. Ayanda Sakhile Zulu van die stigting sê Suid-Afrika se hibriede bestuursmodel plaas rolspelers met mededingende sienings oor outonomie teenoor staatsinmenging in dieselfde raamwerk. Zulu het aanbeveel die Wet moet herroep word.
Vryemarkstigting vra dat BELA-wet herroep word