# Navorsing deur die Universiteit Stellenbosch beklemtoon ‘n dringende behoefte aan verslawingsbehandeling vir vroue. Baie vroue worstel teen hindernisse wat hul toegang tot sorg beperk. ‘n Navorser, Danyschka Jacobs, sê stigma, armoede, trauma, kinderversorgings-verantwoordelikhede en vrees om hul kinders te verloor, verhoed vroue dikwels om hulp te soek. Sy sê behandelingsgeriewe bly beperk en van […]
# Die Verkiesingskommissie sê die kieserslys het tot meer as 29-miljoen gegroei in aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Byna twee-miljoen kieserregistrasies is tydens die laaste registrasienaweek aangeteken, insluitend bykans 292-duisend nuwe registrasies. KwaZulu-Natal het die hoogste deelname aangeteken, gevolg deur Gauteng en die Oos-Kaap. Die OVK se uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, sê […]
# Motoriste sal vanaf Woensdag minder betaal vir petrol, maar meer vir diesel wanneer die brandstofprysaanpassings vir Augustus in werking tree. Petrolpryse daal met 52-sent-per-liter, terwyl dieselpryse met tussen een-rand-23 en een-rand-38-sent per liter styg. Lampolie styg met een-rand 52-sent-per-liter, terwyl vloeibare gas goedkoper word. Die Departement van Minerale en Petroleumhulpbronne sê die daling in […]
# Die saak teen die beweerde politieke tussenganger Brown Mogotsi is in die Johannesburgse Landdroshof tot 20 Augustus uitgestel vir die volledige openbaarmaking van die dossier. Hy staan tereg op aanklagte van onder meer meineed, regsverydeling en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, nadat hy na bewering ‘n sluipmoordaanval op hom versin het. […]
# Lede van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies keer hierdie week terug van die kiesafdelingtydperk wanneer die Parlement sy program vir die derde kwartaal hervat. Wetgewers sal na verwagting voortgaan met komiteevergaderings, toesigwerk, debatte en wetgewende sake nadat hulle gemeenskappe in hul kiesafdelings betrek het. Die Parlement sê die nuwe kwartaal […]
# United Africans Transformation vra dringende ingryping om die stygende misdaad in Tshwane aan te pak en sê gemeenskappe leef daagliks in vrees. Rani Mammushi van die party noem hoë vlakke van geweldsmisdaad, kapings, rooftogte, kabeldiefstal en dwelmsmokkelary in verskeie gebiede. Hy vra die ontplooiing van meer polisielede, die instelling van spesialis-misdaadbestrydingseenhede en verbeterde toesigstelsels. […]