Skip to content

Krieket: Vaughan glo strenger straf nodig ná nog ’n nagklubvoorval met Engelse speler

# Krieket: Die voormalige Engelse kaptein, Michael Vaughan, glo besondere streng straf is nodig om te verseker dat al die land se spelers besef daar sal gevolge wees vir oproerige gedrag. Die snelbouler Brydon Carse is die derde nasionale speler wat die afgelope jaar by ‘n drankvoorval betrokke was. Die polisie het hom verlede naweek buite ‘n nagklub in Derby geboei en hy is daarna uit die span weggelaat vir die tweede toets teen Pakistan. Vaughan sê iemand moet ‘n straf kry wat al die spelers sal laat skrik.