# Die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming sê die Stad Johannesburg se begroting is toenemend van die werklikheid verwyder, en noem dat inwoners nie tariewe en dienste-rekeninge betaal nie. Dit kom te midde van die metro se gebrek aan dienslewering en verswakkende infrastruktuur. Volgens die organisasie se jongste verslag het onbetaalde rekeninge aan die stad toegeneem van 15-miljard-rand in 2014/2015 tot byna 72-miljard-rand in 2024/2025. Intussen het werknemer-verwante koste die afgelope dekade met nege-persent toegeneem. Die organisasie sê die metro moet vertroue in die akkuraatheid van sy rekeningstelsel en finansiële bestuur herbou.
Ontwikkelingsentrum waarsku Johannesburg is in ’n gevaarlike finansiële spiraal