Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 05 Februarie 2024:
NASIONAAL:
# Business Day:
Skryf die sakegemeenskap het president Cyril Ramaphosa gewaarsku hulle sal regstappe doen indien hy die Nasionale Gesondheidsversekeringswetsontwerp goedkeur.
GAUTENG:
# Beeld:
Berig adjunkpresident Paul Mashatile se seuns, Thabiso Mashatile en Tinyiko Mvelase het binne drie maande drie tenders van die Gautengse regering ontvang. Thabiso het ontken dat die transaksies verdag is en met regstappe gedreig.
En tweedens skryf die koerant drie-duisend-600 eerstejaars het die naweek in koshuise ingetrek by die Noordwes Universiteit.
# The Star en Pretoria News:
Skryf oor ‘n vermeende bedrogspul wat die koerant by die Palm Ridge-hof oopgevlek het.
En berig oor ‘n ouma wat 52-miljoen-rand aan haar troeteldiere nagelaat het.
# Sowetan:
Berig Bafana Bafana is gereed om teen Nigerië uit te draf veral ná die skittervertoning van die span se kaptein en doelwagter, Ronwen Williams. Hy het die afgelope naweek vier doelpogings van die Kaap Verdiese Eilande afgeweer.
# En The Citizen:
Skryf die ANC wat eens nie vinnig genoeg van oudpresident Thabo Mbeki ontslae kon raak nie, probeer hom nou betrek om te verseker dat die party 50-persent van die stemme in die komende verkiesing verwerf.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Berig Ace Magashule se nuwe party, die African Congress for Transformation gaan volgens kenners ‘n groot deel van die ANC se steun in die Vrystaat opraap.
Tweedens is daar ook nuus oor die prestasie van Ronwen Williams.
En laastens skryf die koerant talle dorpe in die Karoo sit sonder krag ná verspreide donderstorms in die Kalahari.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Lei met ‘n nuwe beurtkragplan van ladingvermindering wat nou ook in die Oos- en Wes-Kaap ingestel gaan word nadat dit met sukses in Gauteng toegepas is. Die plan kan die uitwerking van fases 1 tot 4-beurtkrag verminder.
En tweedens berig die koerant ook oor Bafana se Williams.
# En Cape Times:
Skryf eerstens Bafana Bafana staan op die drumpel van Afcon-glorie.
En berig die nuwe minimunloon lok gemengde reaksie uit.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig intimidasie en selfs doodsdreigemente is na bewering aan die orde van die dag by die hoofkantoor van Transnet se Hawe-owerheid in Gqeberha.
En skryf oor Ronwen Williams se gesin in Gqeberha wat baie trots is op hulle seun se prestasie.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf oor die topsjef Khanyi Mbau se noenmaal wat aangebied is om die groei van swart sakeondernemings te vier.
En berig die DA het die eThekwini-munisipaliteit gewaarsku die lewering van skoon water is ‘n basiese mensereg.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Staan sy hele voorblad en groot dele van die koerant af aan die afsterwe van die Namibiese president, Hage Geingob. Hy word vereer vir sy sleutelrol tydens Namibië se bevrydingstryd en die totstandkoming van die land se eerste Grondwet.