# Die Tshwane Metropolisiedepartement het Maandag 20 onwettige immigrante in Bronkhorstspruit en Atteridgeville in hegtenis geneem tydens geteikende wetstoepassingsoptredes teen onwettige immigrante. In die Bronkhorstspruit-omgewing alleen is 16 mense in hegtenis geneem vir oortredings van die Immigrasiewet. Die Metropolisie-woordvoerder, Puleng Motholo, sê ‘n totaal van 59 AARTO-oortredingskennisgewings is ook uitgereik en talle geboue is tydens […]
# Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta het kommer uitgespreek oor ʼn beweerde poging tot seksuele aanranding by die Villa Liza Secondary School in Boksburg, oos van Johannesburg. Volgens die Gautengse Onderwysdepartement het ʼn graad 8-leerder verlede Donderdag na die skool se toilette gegaan toe twee leerders haar glo gevolg, vasgehou en probeer het om van haar […]
# ActionSA sê hy verwerp die bewering deur die Polisie- en Gevangenisse-burgerregte-unie dat sy aansoek om ‘n hersiening van die dissiplinêre uitkomste rondom die Presidensiële Beskermingsdiens-beamptes, Wally Rhoode en Hennie Rekhoto, op politieke inmenging neerkom. Die party het ‘n hofaansoek ingedien waarin die Suid-Afrikaanse Polisiediens daarvan beskuldig word dat die twee beskerm is vir hul […]
# Sokker: Manchester United se kaptein, Bruno Fernandes, het die Professionele Sokkerspelervereniging se Speler van die Jaar-toekenning vir mans in die 2025/2026-seisoen ontvang, en Khadija Shaw van Manchester City is Vrouespeler van die Jaar. Fernandes het met 21 doele die Premierliga-rekord verbeter en Thierry Henry en Kevin De Bruyne verbygesteek. Nico O’Reilly van Manchester City […]
# Iran en Oman het ʼn voorstel uiteengesit vir ʼn tydelike skeepsroete deur die Straat van Hormoes. Dit volg nadat president Donald Trump van Amerika herhaal het dat alle seemyne in die belangrike waterweg verwyder is, en gedreig het dat enige Iranse skepe wat probeer om nog te stel, vernietig sal word. Die voorstel sluit […]
# Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, het president Cyril Ramaphosa gevra om op te tree teen dié wat verantwoordelik is vir die dood van meer as 100 Suid-Afrikaners weens landwye munisipale infrastruktuurmislukkings. Die voorvalle sluit in die Hammanskraal-cholera-uitbraak en die brand in die Usindiso-gebou. Maimane vra duidelike tydlyne en spesifieke datums […]
# Die ANC se NUK-lid, Nkosazana Dlamini-Zuma, het opmerkings teruggetrek wat sy op die African Renaissance Podcast teen die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, gemaak het. Sy het hom en ANC-sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, beskuldig dat hulle in die party se 2017 en 2022 Nasionale Konferensies stemme gekoop het, maar albei ontken dit. […]