# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se Billike Energie-oordrag kry momentum, met skoon energie-beleggings wat bevorder word vanuit die buiteland en deur plaaslike firmas. Volgens Statistiek Suid-Afrika het hernubare energie in 2016 slegs twee-persent van plaaslik opgewekte elektrisiteit uitgemaak. Hierdie syfer het in 2024 tot nege-persent gestyg. By vanjaar se Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie is meer as […]
# Die Congress of the People het die Verkiesingskommissie versoek om kieserregistrasieveldtogte na skole, TVET-kolleges en universiteite uit te brei om meer jongmense aan te moedig om te registreer. Tom Mofokeng van die party sê die sterk jeugopkoms tydens die onlangse registrasienaweek toon daar is potensiaal om deelname te verhoog voor die plaaslike munisipale verkiesing […]
# Rugby: Nege Springbok-vroue is ingesluit in ‘n groep van 30 spelers wat in Somerset-Wes, Kaapstad, oefen in die eerste van twee kampe. Die groep is deel van die Springbok-vroue-akademie, waar spelers wat nie by die toetswedstrydgroepe betrokke is nie, saam oefen as deel van die breër nasionale groep. Die Springbok-vroue A-groep van 26 spelers […]
# Die DA in die Wes-Kaap sê hy is gereed om wetgewende veranderinge te steun wat die Stad Kaapstad se Metropolisie die mag sal gee om misdaad te ondersoek. Die party beskuldig die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, en diegene voor hom, dat hulle hierdie versoek vir ‘n hele jaar gekeer het. George Michalakis […]
# Business Leadership South Africa verwelkom president Cyril Ramaphosa se goedkeuring van die eerste fase van Eskom se herstruktureringsplan, aangesien die debat oor ‘n onafhanklike transmissiestelseloperateur verby is en implementering nou moet begin. In haar weeklikse nuusbrief het BLSA se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, gesê die hervormings sal help om ‘n mededingende elektrisiteitsmark te skep, […]
# Die Stad Kaapstad het meer as 4,4-miljard-rand bewillig vir die volgende drie jaar om menslike nedersettings te verbeter en behuisingsgeleenthede uit te brei. Die befondsing sluit in die opgradering van informele nedersettings, dienste, raadswoonstelle en titelakteprogramme wat daarop gemik is om lewensomstandighede vir kwesbare inwoners te verbeter. Die burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings, Carl Pophaim, […]
# Suid-Afrika se vervaardigingsektor het verlede maand onder druk gebly, met die Absa-aankoopbestuurdersindeks wat van 47,3-punte tot 46,8-punte gedaal het, vir ‘n vierde agtereenvolgende maand onder die neutrale 50-punte vlak. Die opname toon egter sterker binnelandse aanvraag wat produksie vir ‘n tweede agtereenvolgende maand ‘n hupstoot gegee en kostedruk verlig het. Vervaardigers bly versigtig, met […]
# Die Nasionale Tesourie en die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die publiek genooi om kommentaar te lewer oor ‘n konsephandleiding wat nuwe reëls vir oorgrens-kriptobatetransaksies voorstel. Die maatreëls is daarop gemik om toesig te versterk, onwettige finansiële vloei te verminder en leiding te bied vir gemagtigde kriptodiensverskaffers. Die konsep verduidelik ook wanneer kriptotransaksies as oorgrens beskou […]
# Suid-Korea beleef tans ‘n ernstige hittegolf, met temperature van meer as 40 grade Celsius. Owerhede het vir die eerste keer die hoogste vlak hittewaarskuwing vir dele van die groter Seoel-gebied uitgereik. Die buitensporige hitte het reeds byna ‘n duisend hitteverwante siektes en minstens 14 sterftes veroorsaak. Amptenare hou kwesbare inwoners dop, spuit water op […]