# Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku kritieke voedselstelsels en mense se lewens en voortbestaan word bedreig te midde van verskeie konflikte. Daar was verlede jaar die meeste gewapende konflikte sedert die Tweede Wêreldoorlog en ook van die hoogste vlakke van akute hongersnood wat nog ooit aangeteken is, met minstens 266-miljoen mense wat uiterste voedselonsekerheid ondervind. Guterres sê oorloë en die ontwrigting van sleutel-seeroetes plaas die wêreldvoedselstelsel onder druk:
VN-hoof sê die verband tussen gewapende konflik, geweld en hongersnood is onweerlegbaar [KLANK]
ENG GuterresOnMaritimeRoutes