# Die polisie en sy wetstoepassingsvennote het op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng beslag gelê op twee afsonderlike besendings vermeende kokaïen van ongeveer 200-miljoen-rand. In die eerste voorval is twee groot reistasse by die eindpunt onderskep en 84 kilogram-blokke gevind. Nasionale polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê in die ander voorval is vier houers in die vragafdeling onderskep met 220 blokke van altesaam ongeveer 250-kilogram:
Kokaïen van R200-miljoen op OR Tambo Internasionale Lughawe gevind [KLANK]
ENG MatheOnR200DrugBust