Skip to content

Tennis: Afslagprys vir New York se inwoners vir Amerikaanse Ope

# Tennis: Inwoners van New York kry die kans om goedkoper kaartjies te koop vir die Amerikaanse Ope. Die burgemeester Zohran Mamdani en die Amerikaanse Tennisvereniging het aangekondig ‘n duisend kaartjies sal beskikbaar wees teen ‘n honderd dollar – ongeveer een-duisend-600-rand – elk in ‘n poging om die toernooi meer bekostigbaar te maak vir plaaslike inwoners. Dit is van vandag beskikbaar op die basis dat eerste kopers eerste gehelp word. Ander kaartjies verkoop teen sowat vier-duisend-600-rand elk. Die toernooi begin Sondag op Flushing Meadows.