# ‘n Man van KwaZulu-Natal gaan die volgende aantal jare in ‘n Amerikaanse tronk deurbring nadat hy skuld erken het op aanklagte van die verspreiding en besit van inhoud wat die seksuele misbruik van kinders uitbeeld. Die 45-jarige Marcell Meyer het op ‘n plaas in Sackets Harbor, New York, gewerk. Die Distrikshof in Albany het […]
# Build One South Africa gaan in die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November meeding om setels in 24 munisipaliteite in vyf provinsies met 794 kandidate. Woordvoerder Graham Charter sê dit sluit die munisipaliteite van Johannesburg, Tshwane, Ekurhuleni, Kaapstad en Mangaung in, wat altesaam sowat 25-miljoen inwoners verteenwoordig. Hy sê 37-persent van die kandidate is onder […]
# Kommissaris Sesi Baloyi van die Madlanga-kommissie het die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala gewaarsku sy herhaalde weiering om vrae te beantwoord kan ernstige gevolge inhou. Matlala het geweier om vrae te beantwoord oor die voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, Lesetja Senona. Baloyi sê getuies mag slegs weier om vrae te beantwoord as die […]
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge gaan die Menseregtekommissie vra om Suid-Afrika se behuisings- en titelakte-agterstande te verklaar as menseregteskendings. Woordvoerder Makone Maja sê dit volg op onthullings dat die titelakte-agterstand een-miljoen oorskry het, met meer as 30-duisend uit die apartheidsera. Die getal het gegroei vanaf 423-duisend in 2014 tot 774-duisend teen 2024. Maja sê dit […]
# Suid-Afrika en Brasilië het hul verbintenis herbevestig om bilaterale betrekkinge te versterk tydens die agtste sitting van hul gesamentlike kommissie in Pretoria. Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, en sy Brasiliaanse ampsgenoot, Mauro Vieira, het besprekings gelei oor handel, landbou, energie, verdediging, gesondheid, mynbou en tegnologie, en samewerking deur BRICS, die […]
# Tennis: Inwoners van New York kry die kans om goedkoper kaartjies te koop vir die Amerikaanse Ope. Die burgemeester Zohran Mamdani en die Amerikaanse Tennisvereniging het aangekondig ‘n duisend kaartjies sal beskikbaar wees teen ‘n honderd dollar – ongeveer een-duisend-600-rand – elk in ‘n poging om die toernooi meer bekostigbaar te maak vir plaaslike […]
# Standard Bank het die tien finaliste vir sy Nasionale Kasi-kleinsakekompetisie aangekondig. Hulle sal môre tydens die Kasi-kleinsakeberaad in Gqeberha meeding om die groot prys van ‘n miljoen-rand. Die groep bestaan uit nege provinsiale wenners en een deelnemer wat die publiek aangewys het. Die entrepreneurs werk in verskeie bedrywe, insluitend landbou, gesondheidsorg, vervaardiging en bouwerk. […]