# Pikitup het Johannesburg se inwoners ingelig dat vullisverwyderingsdienste tans diensonderbrekings ervaar in sekere dele van die stad. Dit is weens voortgesette betogings deur tydelike werkers wat eis om permanent aangestel te word. Woordvoerder Anthony Selepe sê dit veroorsaak dat ingange versper is na die depots in Marlboro, Waterval, Roodepoort, Randburg, Orange Farm en Avalon:
# Die Britse eerste minister, Andy Burnham, verander die regering se skema vir die vroeë vrylating van gevangenes. Dit beteken verkragters, ernstige kinder-seksoortreders en bendes wat kinders seksueel voorberei sal nie meer vir vroeë vrylating in aanmerking kom nie. Dit volg nadat hy die plan gestaak het om vroeg volgende maand ses-duisend gevangenes vry te […]
# Die Verkiesingskommissie het ʼn WhatsApp-kieserregistrasiediens bekendgestel om dit makliker te maak vir kwalifiserende landsburgers om te registreer vir November se plaaslike regerings-verkiesing. Meer as 1,7-miljoen mense het die OVK gekontak tydens verlede naweek se kieserregistrasienaweek. Vrydag is die sperdatum vir registrasie. Die OVK se uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, sê die WhatsApp-platform laat gebruikers toe […]
# Rugby: Die Springbokke se hulpafrigter, Deon Davids, het ontken dat hulle Saterdag se eenmalige toets teen die Pumas in Buenos Aires beskou as ‘n opwarmingswedstryd vir die reeks teen Nieu-Seeland. Ses-en-twintig spelers het na Argentinië gereis terwyl die res in Johannesburg agtergebly het om vir die toetsreeks voor te berei. Davids sê dit sal […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad in Gauteng veroordeel die moord op sy provinsiale hoof van dissipline, Jabulani Ntshangase. Hy is Vrydag in Midrand doodgeskiet en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Santaco se woordvoerder, Graham Fritz, sê Ntshangase het die taxibedryf met onderskeiding gedien. Hy vra die polisie om alles in hul vermoë te […]
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement verwerp bewerings dat ʼn pasiënt permanent blind gelaat is weens stukkende toerusting in die Steve Biko-akademiese Hospitaal. Woordvoerder Steve Mabona sê die verlies aan sig hou verband met talle vorige operasies en spesialiste het gewaarsku die prognose vir een oog was reeds swak. Hy erken wel vertragings wat verkryging betref, maar […]
# AfriForum doen ʼn beroep op die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika om sy plan oor belangrike prestasie-aanwysers te laat vaar. Hy sê dit sal nie die land se kragverspreidingskrisis in sukkelende munisipaliteite oplos nie. Die plan is daarop gemik om tegniese bestuur en bedryfsaspekte van munisipale elektrisiteit-verspreidingsnetwerke te hanteer, wat tot groter doeltreffendheid in die […]