# Build One South Africa gaan in die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November meeding om setels in 24 munisipaliteite in vyf provinsies met 794 kandidate. Woordvoerder Graham Charter sê dit sluit die munisipaliteite van Johannesburg, Tshwane, Ekurhuleni, Kaapstad en Mangaung in, wat altesaam sowat 25-miljoen inwoners verteenwoordig. Hy sê 37-persent van die kandidate is onder 35 en 45-persent is vroue, afkomstig uit beroepe soos onderwys, ingenieurswese, gesondheids en entrepreneurswese. Hy sê die party sal sy verkiesingsmanifes op 4 September bekendstel.
BOSA gaan in 24 munisipaliteite met 794 kandidate meeding