# ‘n Polisiekaptein wat die moord op die voormalige burgemeester van Knysna, Aubrey Tsengwa, ondersoek, is vanoggend dood tydens ‘n skietgeveg. Die offisier van die Taktiese Reaksiespan is verlede week na die Wes-Kaapse dorp ontplooi na die moord op Tsengwa en nog twee ANC-politici, Mandla Matiwane en Mandla Tyololo. Polisiewoordvoerder Novela Potelwa sê die beampte is noodlottig getref tydens ‘n operasie in die Sewendelaan-informele nedersetting gemik op onwettige vuurwapens. ‘n Agt-en-dertigjarige verdagte is ook doodgeskiet.
Moordondersoek in Knysna neem dodelike wending toe polisiekaptein en verdagte in skietgeveg sterf