# Tennis: Die Switserse legende Roger Federer het ‘n suksesvolle terugkeer gemaak na Flushing Meadows in New York tydens vertoonwedstryde tussen gewese kampioene voor die Amerikaanse Ope. Die 45-jarige Federer het eers vir Andy Roddick in ‘n enkelspelwedstryd geklop voor hy en John McEnroe vir Roddick en nog ‘n Amerikaner, Andre Agassi, in ‘n dubbelspelwedstryd verslaan het. Die Arthur Ashe-stadion was volgepak met ondersteuners van die tennishelde van weleer. Federer het vyf van sy 20 Grand Slam-titels in die toernooi gewen. Vanjaar s’n begin Sondag.
Tennis: Federer vier suksesvolle terugkeer na Flushing Meadows