# Die adjunkdirekteur van Openbare Vervolging in die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Peter Seruya, het voor die Madlanga-kommissie getuig hy het nooit die Artikel 27-verwysing ontvang wat aanleiding gegee het tot die ondersoek na die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, en sy medebeskuldigdes nie. Hy sê hy het die dokument herhaaldelik aangevra. Seruya sê ook die […]
# Die mynwerkersvakbond N-U-M is bekommerd oor president Cyril Ramaphosa se goedkeuring van die eerste fase in die verslag oor Eskom se taakspan vir herstrukturering. Woordvoerder Khangela Baloyi sê hulle is gekant teen planne om ‘n onafhanklike transmissiestelsel-operateur te vestig en waarsku dit kan werksgeleenthede bedreig, openbare eienaarskap verswak en privaat sektor-invloed vergroot. Baloyi sê […]
# ‘n Tugkomitee van die polisie het die senior forensiese ballistiese ontleder Laurence Makgotloe skuldig bevind op twee aanklagte wat verband hou met die ondersoek na die moord op Armand Swart. Die ingenieur is in April 2024 in Gauteng vermoor. Die SABC berig Makgotloe is skuldig bevind aan oneerlikheid oor onder meer ‘n gewysigde ballistiese […]
# Twee Malawiese burgers en ‘n Suid-Afrikaanse man is in hegtenis geneem toe die polisie in Limpopo twee gesteelde Nissan Navaras ter waarde van altesaam 1,5-miljoen-rand geskut het in afsonderlike intelligensiegedrewe operasies teen oorgrens-voertuigsmokkelary. Die voertuie is in Gauteng gesteel en onderskep toe dit na die Beitbrug-grenspos geneem is. Provinsiale polisiekommissaris Jan Scheepers het die […]
# Die Motorbedryfpersoneelvereniging bevraagteken of die Nasionale Raad vir Geslagsgeweld en Vrouemoord betekenisvolle verandering sal teweegbring. Die statutêre liggaam het die mandaat om strategiese leierskap te bied wat geslagsgeweld sal uitwis. Die raad is ook verantwoordelik om samewerking tussen verskillende sektore te bevorder in die uitvoering van die nasionale strategie teen geslagsgeweld en vrouemoord. Woordvoerder […]
# ‘n Zimbabwiese vrou en haar twee dogters wat verlede maand in Brittanje vermoor is, word vandag in Bulawayo ter ruste gelê. Die liggame van Nothabo, Natalie en Nala Tshuma is in hul huis in Bedfordshire, Engeland, gevind. ‘n Lykskouing het bevind hulle is dood weens stomp geweld. Tshuma se man, Ndodana, is later in […]
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het leerders in grade 2 tot 7 en 9 tot 12 se aansoeke vir skooloorplasings oopgestel vir 2027 se akademiese jaar. Die aansoektydperk duur tot 17 Augustus. Ouers kan aanlyn aansoek doen indien hul aan spesifieke oorplasingsvereistes voldoen, insluitend ‘n verandering van woon- of werkadres. Ander aansoeke moet regstreeks by die […]