Skip to content

Nomasonto Motaung nuwe voorsitter van Parlement se Landbou-portefeuljekomitee

# Die Parlement se Portefeuljekomitee oor Landbou het die ANC-Parlementslid Nomasonto Motaung verkies as sy nuwe voorsitter. Motaung volg die waarnemende voorsitter Nobuhle Nkabane op, wat oorgeneem het toe Dina Pule in Junie aangestel is as die minister van Maatskaplike Ontwikkeling. Die voormalige adjunkminister in die Presidensie sê landbou is uiters belangrik vir voedselsekerheid, ekonomiese groei, werkskepping en landelike ontwikkeling. Sy het beloof om die komitee regverdig te lei en op die behoeftes van boere, landbouwerkers en gemeenskappe te fokus.