# Die groep teen onwettige migrasie, March and March, het ‘n organisasie sonder winsbejag genaamd SA First gestig om regsondersteuning aan gewone Suid-Afrikaners te bied. Die leier van die groep, Jacinta Ngobese-Zuma, sê hul eerste saak sal ‘n omsendbrief van die Suid-Afrikaanse Polisiediens uitdaag wat beamptes verbied om by burgerlike aksies teen buitelandse burgers aan […]
# Die adjunkdirekteur van Openbare Vervolging in die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, advokaat Peter Serunye, het voor die Madlanga-kommissie toegegee die SAPD-brigadier Dineo Mokwele het nie bedrog gepleeg in haar werksaansoek nie. Serunye het met Kommissaris Sandile Khumalo saamgestem Mokwele het bekend gemaak dat sy steeds besig is met haar Meestersgraad en slegs staatmaak op die […]
# Die Suid-Afrikaanse Poskantoor se eerste ongekwalifiseerde oudit in ses jaar word as ‘n belangrike mylpaal in sy herstelproses beskou. Die Ouditeur-generaal het bevind die Poskantoor se jongste finansiële state bied ‘n regverdige beeld van sy finansiële posisie, hoewel daar steeds sekere probleme met voldoening is. Die staatsbeheerde liggaam is sedert 2023 onder sakeredding en […]
# Meer as 150 migrante is gered nadat ‘n klein boot aan die brand geslaan het terwyl dit probeer het om die Engelse Kanaal vanuit Frankryk na Brittanje oor te steek. Franse owerhede sê die enjin het aan die brand geslaan, wat veroorsaak het dat die vaartuig vinnig begin verbrokkel het. Franse en Britse reddingspanne […]
# Die adjunkdirekteur van Openbare Vervolging by die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, advokaat Petre Seruya, het by die Madlanga-kommissie bewerings betwis dat die eenheid se Operasionele Handleiding nie gebruik word nie. Die voormalige hoof van IDAC, Andrea Johnson, het die indruk geskep die operasionele handleiding is nie werklik in die praktyk toegepas nie. In reaksie op […]
# Rugby: Die All Black-haker George Bell se toer in Suid-Afrika is kortgeknip nog voor dit kon begin. Hy is op pad terug na Nieu-Seeland nadat hy dié week tydens oefening in Kaapstad beseer is. Brad Slater is opgeroep as sy plaasvervanger en sluit môre by die groep aan. Die waarnemende kaptein, Codie Taylor, sukkel […]
# President Cyril Ramaphosa het amptelik die nuwe King Nyabela-hospitaal in Middelburg, Mpumalanga, geopen, as ‘n belangrike mylpaal in die uitbreiding van gehalte algemene gesondheidsorg. Die fasiliteit met sy 220 beddens sal meer as 240-duisend inwoners in die Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit bedien en vervang die verouderende Middelburg-hospitaal. Ramaphosa sê die moderne hospitaal versterk die […]
# Airlink gaan op 15 November ‘n nuwe geskeduleerde diens tussen die Lanseria Internasionale Lughawe en Harare in Zimbabwe van stapel stuur. Die lugredery sê vlugte sal drie keer per week met Embraer E190-vliegtuie bedryf word. Die uitvoerende hoof, De Villiers Engelbrecht, sê dit sal passasiers in Lanseria se opvangsgebied beter bedien en bestaande dienste […]