Skip to content

Rugby: Rassie hoop Kaapstad is Saterdag ook stil tydens haka

# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus hoop Kaapstad sal Saterdag Johannesburg se voorbeeld volg deur die All Blacks se haka te respekteer voor die tweede toets. Hy het die Hoëveldse toeskouers gevra om stil te bly tydens die uitdaging voor die eerste toets nadat uitroepe van “olé olé” die haka oordonder het tydens vorige wedstryde in Suid-Afrika. Erasmus sê die skare was verlede naweek grotendeels stil, terwyl rumoerige toeskouers stilgemaak is deur diegene rondom hulle. Hy sê die Bokke beskou dit as ‘n eer om die haka te aanskou.