# Premier Foods lig vakbonde vandag in oor alternatiewe tot die voorgestelde sluiting van sy vrugte-inmaakaanleg in Tulbagh in die Wes-Kaap. Die maatskappy het glo verskeie voorstelle gedoen, soos om beleggers of kopers te vind of die aanleg te verskuif. Die sluiting is verlede maand aangekondig, slegs vier maande na sy samesmelting met die Rhodes-kosgroep. Die vakbondfederasie Cosatu se woordvoerder, Malvern de Bruyn, vra afleggings moet tot twee jaar opgeskort word om ‘n oplossing te vind en werksgeleenthede te beskerm.
Premier Foods vergader met vakbonde oor toekoms van vrugte-aanleg in Tulbagh