Skip to content

GOOD-party moet boete van byna R100 000 betaal

# Die Verkiesingshof het bevind die GOOD-party het die Wet op Politieke Befondsing oortree wat ʼn onverklaarde veldtog-skenking van 900-duisend-rand betref. Die party het versuim om die skenking, om T-hemde en promosie-items te koop voor die 2021 munisipale verkiesing, te verklaar. Die hof het die party beveel om 50-duisend-rand te betaal vir oortreding van Artikel 9 van die Wet. Die party en sekretaris-generaal Brett Herron, as rekenpligtige amptenaar, moet ook ʼn administratiewe boete van 40-duisend-rand betaal vir oortreding van Artikel 12 van die Wet, wat handel oor hantering van ʼn politieke party se inkomste.