# China se ministerie van Buitelandse Sake het sy burgers versoek om Eswatini weens veiligheidsrisiko’s te verlaat of te verskuif na veiliger lande, insluitend naburige Suid-Afrika. Die raad volg op die Suider-Afrikaanse koninkryk se onderdrukking van onwettige aanlyn dobbelbedrywighede, wat gelei het tot die inhegtenisneming van tientalle Chinese burgers. Die ministerie sê die veiligheidsituasie in die land is ingewikkeld, met aanlyn bedrog en onwettige dobbelary wat hoogty vier en ‘n uiters hoë openbare veiligheidsrisiko. Die Eswatini-regering sê enige voorstel dat die land ‘n veiligheidsrisiko inhou, is betreurenswaardig.
China versoek sy burgers om Eswatini te verlaat weens veiligheidsrisiko’s