Die parlementêre portefeuljekomitee oor Water en Sanitasie sê die water-waardeketting kan slegs doeltreffend funksioneer indien alle afdelings werk, maar tans is munisipaliteite die swak skakel. Die komitee het ʼn bywerking van die Departement van Water en Sanitasie ontvang ná ingryping volgens Artikel 63 van die Wet op Waterdienste. Voorsitter Leon Basson sê aansienlike vordering is gemaak, maar munisipaliteite beskik nie oor die vaardighede en vermoë om ingewikkelde projekte te bedryf en te onderhou nie. Hy sê sonder kapasiteit sal die ingrypings nie positiewe en volhoubare langtermyn-oplossings bied nie.
Water-onderbrekings raak ’n probleem weens kapasiteitbeperkings op munisipale vlak