# Die sterftesyfer in die rampspoedige kitsvloede wat Nepal en Tibet getref het, het tot 162 gestyg terwyl een-duisend-384 mense, wat vier Suid-Afrikaners insluit, vermis word. Onder die vermiste persone is 177 van Indië, 63 van Amerika, 34 van Australië, 33 van Brittanje en 25 van Kanada. Owerhede sê die bergagtige terrein, gure weer en versperde paaie belemmer reddingspogings. China se president, Xi Jinping, sê die dringendste taak is om alles moontlik te doen om die vermiste persone te soek en te red.
Dodetal in Nepal-Tibet-kitsvloede styg tot meer as 160