# Kaapstadse Verkeersdienste is op die toneel van ‘n botsing tussen twee minibustaxi’s en ‘n vragmotor op die N7-suid naby Malibongwe-rylaan. Woordvoerder Kevin Jacobs, sê amptenare werk daaraan om die verkeersvloei te herstel. Hy sê die oorsaak van die ongeluk is onbekend en geen sterftes is aangemeld nie:
# Die Durbanse houer-terminaal doen stappe om agterstallige vrag op te klaar en gewone bedrywighede te herstel ná die instel van sy nuwe NAVIS-terminaalbedryfstelsel. Bedryfshoof Grant Bahlmann sê die stelsel is bestendig, maar beperkings met toerusting en terrein-opeenhoping vertraag die proses. Tydelike beperkings bly intussen van krag terwyl ingevoerde vrag verwyder word. Bahlmann sê bergingsfooie […]
# Tennis: Die Duitser Alexander Zverev en Aryna Sabalenka van Belarus is die top-gekeurdes in die Amerikaanse Ope-enkelspelkompetisies, wat Sondag op Flushing Meadows in New York begin. Zverev is eerste gekeur in die mansloting in die afwesigheid van die beseerde wêreld-nommer-een, Jannik Sinner van Italië. Die verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz van Spanje, is tweede gekeur, […]
# Katar se eerste minister, Sheikh Mohammed bin Abdulrahman, sal vandag met Iranse amptenare in Teheran vergader om maniere te bespreek om spanning te ontlont en bevorderlike toestande vir dialoog te skep. Katar was tot nou ‘n belangrike bemiddelaar in die Amerikaans-Iranse konflik. Die Ministerie van Buitelandse Sake sê gesprekke sal insluit streeksveiligheid, vryheid van […]
# Soil of Africa vra sterker nasionale finansiële opvoedingsprogramme en verbruikersbeskerming, veral in townships en landelike gebiede. Dit is tans Geldslimweek met die tema: “Geldslim: Die krag van Moontlikheid”. Woordvoerder Luzuko Sofute sê finansiële opvoeding moet na gemeenskappe geneem word in ‘n taal wat hul verstaan. Hy meen ‘n dieper kennis van geldsake kan persone […]
# Die selfverklaarde baasbrein van die terreuraanvalle op 11 September 2001, Khalid Sheikh Mohammed, gaan van Junie 2028 in Amerika teregstaan. Hy word daarvan beskuldig dat hy die aanvalle beplan het waartydens gekaapte passasiersvliegtuie teen die Wêreldhandelsentrum in New York en die Pentagon in Washington vasgevlieg het. Twee-duisend-976 mense het gesterf. Mohammed en twee medebeskuldigdes […]
# Krieket: Suid-Afrika speel môre teen die gasheer in die openingswedstryd van die T20-driehoekige reeks in die Namibiese hoofstad, Windhoek. Die ander deelnemer is die ander mede-gasheer van volgende jaar se eendag-Wêreldbekertoernooi, Zimbabwe. Elke span meet twee keer kragte met die ander twee en die twee top-spanne speel in volgende Sondag se eindstryd. Björn Fortuin […]
# Gholf: LIV Gholf skaal sy bedrywighede af en gaan volgende week begin om die meeste van sy 300 werknemers af te lê. Saoedi-Arabië se Openbare Beleggingsfonds het sedert Junie 2022 meer as 79,76-miljard-rand belê, maar gaan sy befondsing einde vanjaar beëindig. Die LIV-seisoen het ‘n week vroeër geëindig nadat die span-kampioenskap in Michigan afgelas […]