# Die Vryheidsfront Plus sê Tshwane se burgemeesterskandidaat Willie Spies is as raadslid in die Stadsraad ingesweer. Hy vul die setel wat vakant gelaat is deur Grandi Theunissen wat onlangs by die DA aangesluit het. Jaco Mulder van die VF Plus sê die party ondersteun Spies ten volle in sy nuwe rol terwyl hy voorberei om aan die komende plaaslike regeringsverkiesing op 4 November deel te neem. Spies sê dis tyd vir ‘n nuwe golf van republikeinse, groen en oranje entoesiasme om landwyd te versprei.
Willie Spies vul Vryheidsfront Plus-setel op Tshwane-raad