# Die Stad Johannesburg het ‘n klimaatsveerkragtigheidsprojek van R334-miljoen voltooi wat daarop gemik is om oorstromings en omgewingskade te verminder. Die program vir natuurgebaseerde oplossings vir klimaatsaanpassing in Afrika suid van die Sahara, het eenduisend-500 werksgeleenthede geskep, 489 hektaar grond herstel, meer as 47-duisend bome geplant en 664 ton afval uit die Jukskeirivier verwyder. Die projek het ook vroeë-waarskuwingsmoniteringstelsels vir vloede ingestel en gefokus op gebiede soos Alexandra, Soweto en die middestad.
Stad Johannesburg voltooi klimaatveerkragtigheidsprojek van R334-miljoen