Skip to content

Rugby: Vyf spanne ding mee om laaste twee plekke in Curriebeker-halfeindronde

# Rugby: Die naweek se laaste groepwedstryde sal die vier spanne in die voorlaaste Curriebekerronde bepaal. Die verdedigende kampioen, die Griekwas en die Cheetahs het reeds hul plekke in die tuishalfeindronde bespreek. Die Pumas, Boland Kavaliers, Stormers, Leeus en Haaie moet dit nou uitspook vir die oorblywende twee plekke. Die Leeus verwelkom die Stormers môre op Ellispark en die Haaie en die Bulle speel in Durban. Saterdag speel die Pumas en die Cheetahs in Mbombela, en Sondag sal die Boland, die Griekwas in Wellington verwelkom.