# Rusland se ministerie van Buitelandse Sake het gewaarsku Brittanje kan teruggeslaan kan word met aanvalle op militêre geriewe binne en buite Oekraïne. Dit volg nadat die Britse eerste minister Andy Burnham Maandag aangekondig het Brittanje sal Kiëf toegang gee tot geklassifiseerde tegnologie om sy eie produksie van Storm Shadow -langafstandkruismissiele te kan begin. Die woordvoerder van die Russiese ministerie van Buitelandse Sake, Maria Zakharova, sê Brittanje was een stap weg van wat sy beskryf het as terrorisme teen gewone burgers en sy waarsku dat daar katastrofiese gevolge sal wees as daar nie van koers verander word nie.
Rusland waarsku Brittanje teen katastrofiese gevolge weens sy hulp aan Oekraïne