Skip to content

Tshwane se stadsraad besluit om nie dissiplinêr teen stadsbestuurder Johann Mettler op te tree

# Die stadsraad van die Stad Tshwane het, na bewerings van wangedrag ondersoek is, besluit om nie dissiplinêr teen die stadsbestuurder, Johann Mettler, op te tree nie. Hy is beskuldig van wanadministrasie, en dat hy nie die nodige verpligte kontrolering gedoen het van sommige amptenare wat by die Tshwane Metropolisiedepartement aangestel is nie. Die metro sê ‘n onafhanklike ondersoek het die aantygings behoorlik teen die getuienis getoets, en daar is tekortkominge identifiseer. Met die proses wat nou afgehandel is, is die fokus op die vestiging van bestendigheid in die administrasie.