Skip to content

Rugby: Stransky en Brooke eerste spelers aangewys in Heldesaal se Klas van 2026

# Rugby:  ‘n Held in die Springbokke se Wêreldbekerwenspan van 1995, Joel Stransky, en die voormalige All Black-legende Zinzan Brooke is in Wêreldrugby se heldesaal opgeneem. Nog vyf name sal vroeg in September aangekondig word om die klas van 2026 te voltooi. Stransky het al Suid-Afrika se punte aangeteken in die Springbokke se geskiedkundige oorwinning van 15-12 oor Nieu-Seeland in ’95 se eindstryd. Wêreldrugby se voorsitter, Brett Robinson, sê Stransky se naam sal altyd verbind word met een van rugby se kragtigste en mees verenigende oomblikke.