# Die ontsnappingsverhoor van die veroordeelde verkragter en moordenaar Thabo Bester, Nandipha Magudumana en hul medebeskuldigdes vind van 19 April tot 18 Junie volgende jaar in die Vrystaatse Hooggeregshof plaas. Hulle staan tereg op aanklagte van hulp met ‘n ontsnapping, brandstigting en die skending van ‘n liggaam. Bester se regsverteenwoordiger, MoAfrica Wa Maila, het tydens vandag se kort voorverhoor gesê hy is bekommerd oor die aanlyn hofverskyning en beweerde teistering deur korrektiewe beamptes. Hy sê hul sukkel om toegang tot Bester te kry, Die staat is gereed vir die verhoor.
Bester se verhoor vasgestel vir April 2027