# Rugby: Die Springbokke het bevestig die ervare losskakel Handré Pollard gaan môre se tweede toets teen die All Blacks in Kaapstad misloop weens ‘n kuitbesering. Sacha Feinberg-Mngomezulu vervang hom in die nommer tien-trui en Manie Libbok bied dekking op die bank. Afrigter Rassie Erasmus het ook aangekondig die drieë-vraat Cheslin Kolbe is in die […]
# Die taxibaas Joe “Ferrari” Sibanyoni sê die Shongwe-kommissie het bevind slagoffers van taxiverwante geweld in Gauteng is met hoëkalibergewere en ander vuurwapens doodgeskiet. Sibanyoni het voor die Madlanga-kommissie getuig die wapens is soortgelyk aan dié wat staatsinstellings soos die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die polisie gebruik. Hy sê die kommissie het Ezinkabi ook geïdentifiseer […]
# Activists and Citizens Forum sê bewerings van stemkopery binne die ANC bestaan al lank en vereis groter openbare ondersoek. Dit volg op onlangse bewerings deur ‘n lid van die party se Nasionale Uitvoerende Komitee, Nkosazana Dlamini-Zuma. Die forum beweer dat omkopery plaasgevind het tydens leierskapsverkiesings, insluitend 2007 se konferensie in Polokwane. Woordvoerder Dennis Bloem […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, begin sy Amerikaanse Ope-titel verdedig teen Roman Safiullin van Rusland. Die Spanjaard het sedert April nog nie in enige enkelspelwedstryde gespeel nie weens ‘n gewrigsbesering. Alcaraz kan moontlik die viermalige kampioen Novak Djokovic in die halfeindstryd ontmoet. Die Serwiër speel in die eerste ronde teen die Argentyn Mariano Navone. […]
# Die DA in die Wes-Kaap neem kennis van die ANC se erkenning dat voortdurende moorde en geweldsmisdaad gemeenskappe in die provinsie raak en dringend aandag verg. Gillion Bosman van die DA sê dit is egter nie genoeg om die probleem net te erken nie en vra ANC-lede in die provinsiale wetgewer om hul invloed […]
# Die vakbondfederasie COSATU prys SAMWU vir sy volgehoue stryd namens werkers van die Msunduzi Plaaslike-munisipaliteit in KwaZulu-Natal en die Kannaland Plaaslike-munisipaliteit in die Wes-Kaap. Die vakbond het opgetree teen die praktyk om werknemers vir jare op kontrakte aan te hou en die versuim om uitstaande oortydbetalings te vereffen. COSATU se woordvoerder, Nonzuzo Dlamini, sê […]
# Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie het die Nasionale Tesourie genader vir ‘n amptelike staatswaarborg om befondsing teen gunstiger voorwaardes te bekom en sy ontwikkelingsmandaat te versterk. Die staatsbeheerde instelling het ook met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gepraat oor moontlike belastingvrystellings soortgelyk aan dié van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika. Die finansiële hoof, Isaac Malevu, sê ‘n staatswaarborg kan die […]