# Die Johannesburgse Metropolisiedepartement het twee 43-jarige Chinese burgers aangekeer nadat hulle vermoedelik gesteelde koperplate van sowat 16-miljoen-rand tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie in Booysens ontdek het. Woordvoerder Xolani Fihla sê beamptes van die Taktiese Reaksie-eenheid het die besending in ‘n pakkamer opgespoor nadat inligting ontvang is wat met ‘n diefstalsaak in Durban verband hou. Hy […]
# Die hoof van ondersoeke van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Matthews Sesoko, het voor die Madlanga-kommissie getuig hy het die voormalige hoof, Andrea Johnson, gewaarsku oor die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se personeelhoof, Cedric Nkabinde. Sesoko sê hy was bekommerd oor wat hy Nkabinde se oneerlike gedrag noem. Hy beklemtoon ‘n geskiedenis van onbetroubare […]
# Die Verenigde Nasies verwelkom voortgesette verrigtinge in Amerika om die aanlyn inhoudskeppers Andrew en Tristan Tate aan Brittanje uit te lewer. Die 59 aanklagte teen die broers, wat strek van 2010 tot 2017, sluit in verkragting, aanranding, mensehandel en oortredings in verband met onsedelike beelde van ‘n kind en uiterste pornografie. ‘n Onafhanklike VN-menseregtekenner, […]
# Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente het ‘n diefstalsaak teen ‘n voormalige raadslid geopen wat daarvan beskuldig word dat hy tien skootrekenaars gesteel het, wat bedoel was vir benadeelde skole in die Oos-Kaap. Die rekenaars het deel gevorm van ‘n skenkingsveldtog in Maart, met ses skole wat elk vyf toestelle sou ontvang. Die administrateur […]
# Rugby: SuperSport het die uitsaairegte bekom vir Rugby’s Greatest Rivalry, wat beteken Suid-Afrikaanse ondersteuners sal elke wedstryd van die geskiedkundige reeks tussen die Springbokke en die All Blacks regstreeks op DStv en GOtv kan kyk. Die ooreenkoms dek al vier toetse asook die wedstryde tussen die All Blacks en die Stormers, die Haaie, die […]
# Die hoof van ondersoeke van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Matthews Sesoko, het voor die Madlanga-kommissie getuig hy verstaan nie waarom die voormalige hoof, Andrea Johnson, die direktoraat se bedryfshandleiding as ‘n konsep beskryf nie. Hy het vrae beantwoord van voorsitter Mbuyiseli Madlanga en getuienisleier Thabang Pooe. Sesoko sê die handleiding is op Johnson se […]
# Iran waarsku Golfstate enige nuwe Amerikaanse aanval op sy gebied sal vergelding op energie-infrastruktuur reg oor die streek veroorsaak. Reuters berig die Iranse minister van Buitelandse Sake, Abbas Araqchi, het Saoedi-Arabië, Katar en ander streeksvennote gevra om hul invloed te gebruik om verdere militêre optrede deur Washington te voorkom. Die waarskuwing volg nadat die […]