Skip to content

Rugby: Pollard gaan tweede toets teen All Blacks misloop en Kolbe is terug

# Rugby: Die Springbokke het bevestig die ervare losskakel Handré Pollard gaan môre se tweede toets teen die All Blacks in Kaapstad misloop weens ‘n kuitbesering. Sacha Feinberg-Mngomezulu vervang hom in die nommer tien-trui en Manie Libbok bied dekking op die bank. Afrigter Rassie Erasmus het ook aangekondig die drieë-vraat Cheslin Kolbe is in die opdrafspan ingesluit nadat hy aanvanklik uitgelaat is weens ‘n voetbesering. Hy vervang vir Kurt-Lee Arendse, en sal waarskynlik met die stelskopwerk toevertrou word.