# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê wetstoepassingsagentskappe sal werk om ‘n veilige en beskermde omgewing te verseker voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Cachalia het aan die media gesê politieke geweld, insluitend aanvalle op raadslede en ander politieke verteenwoordigers, bedreig demokratiese deelname. Hy sê die polisie sal sulke gevalle ondersoek en […]
# Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking werk deur Suid-Afrika se diplomatieke missies in China om ses Suid-Afrikaners op te spoor wat in Nepal vermis word. Die ses, wat vermoedelik uit KwaZulu-Natal kom, is onbereikbaar sedert dodelike kitsvloede Woensdag die Bhote Koshi-riviergebied naby die Tibetaanse grens […]
# President Cyril Ramaphosa sê wyle Regter Fikile Eunice Mokgohloa sal môre ‘n Kategorie Twee spesiale amptelike begrafnis in Pretoria ontvang. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die 65-jarige Mokgohloa het die Regbank met uitnemendheid gedien. Hy was sedert 2019 ‘n Regter van die Appèlhof en voorheen Adjunk-Regterpresident van die Hooggeregshof in Limpopo. […]
# Die DA sê hy sal antwoorde eis van die Openbare Beleggingskorporasie oor die verlies van honderde miljoene rand wat namens die Pensioenfonds vir Staatsamptenare in Efora Energy belê is. Andrew Bateman van die DA sê volgens mediaberigte het die Beleggingskorporasie 70-miljoen-rand in 2011 belê, nog 329-miljoen-rand in 2014, en ‘n verdere 364-miljoen-rand in 2018:
# Rugby: Die Wallabies-afrigter Les Kiss het sy voorspelers vir môre se toets teen Argentinië in Jujuy hersien in ooreenstemming met sy rotasiebeleid. Kaptein Harry Wilson kry ‘n ruskans en stut Allan Alaalatoa sal Australië aanvoer. Onder die veranderinge is Rob Valetini in die nommer agt-trui wat gewoonlik deur Wilson gedra word, Tom Hooper keer […]
# Die MK-party het burgemeesterskandidate vir ses metropolitaanse munisipaliteite benoem voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Die kandidate is voormalige DA-burgemeester Bongani Baloyi vir Johannesburg, Thulani Shongwe vir Ekurhuleni, Zandile Hlophe-Mkhwanazi vir eThekwini, Mapaseka Mothibi vir Mangaung, Mzwandile Vaaiboom vir Buffalo City en Mvuleni Map vir Nelson Mandelabaai. Sibonelo Nomvalo van die party sê […]
# Reddingswerk in Nepal en aan die grens met Tibet betree ‘n kritieke stadium terwyl spanne soek na honderde vermiste mense na die verwoestende kitsvloede. Minstens 469 mense is in Nepal dood, met byna ‘n duisend wat steeds vermis word. In Tibet word 558 mense vermis. Reddingspanne moes ook die bedreiging van ‘n tweede vloed […]