Nuus 17:00
BULLETIN 28 Augustus 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Kabinet bevestig sy gereedheid vir die plaaslike regeringsverkiesing
# Suid-Afrika berei voor vir ‘n moontlike nuwe TB-entstof
# En, tennis: Sabalenka en Rybakina sal die eerste plek op die wêreldranglys by die Amerikaanse Ope uitspook
# Die kabinet sê voorbereidings vir vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing op 4 November is goed op dreef. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê samewerkingstrukture is op alle regeringsvlakke ingestel om te verseker die verkiesing is vry, regverdig, geloofwaardig en vreedsaam. Ntshavheni het die onlangse moorde op raadslede veroordeel en vra Suid-Afrikaners om intimidasie, geweld en politieke onverdraagsaamheid te verwerp:
# Die Minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Suid-Afrika moet van energiebeplanning na lewering oorgaan, gerugsteun deur ‘n elektrisiteitsbeleggingsprogram van 2,23-duisend-miljard-rand. Ramokgopa het tydens ‘n byeenkoms van rolspelers in die energiesektor in Johannesburg gesê die Geïntegreerde Hulpbronplan mik daarna om teen 2039 sowat 105-duisend-megawatt nuwe opwekkingsvermoë by te voeg. Dit sluit in son-, wind-, gas-, berging- en kernkrag. Hy sê privaat beleggers en ontwikkelingsbefondsingsinstellings sal ‘n sleutelrol speel, aangesien 440-miljard-rand nodig is vir uitbreidings en nuwe transmissielyne:
# Die Kabinet sê die regering is besig met voorbereidings vir die registrasie en bekendstelling van ‘n nuwe tuberkulose-entstof indien die voortgesette Fase Drie-toetse suksesvol is. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die M72/AS01E-kandidaat word in Suid-Afrika en ander lande getoets en is gemik op die voorkoming van om aktiewe pulmonale tuberkulose by adolessente en volwassenes. Dit sal die eerste nuwe tuberkulose-entstof in meer as ‘n eeu wees:
# Russiese hommeltuigaanvalle het vandag die Oekraïnse hoofstad, Kiëf, en omliggende gebiede getref, met skade aan huise, pakhuise en woonstelblokke. Minstens een persoon is buite Kiëf dood en vier is beseer in ‘n afsonderlike aanval op ‘n huisverbeteringswinkel. Nooddienste sê die Kiëf-streek is die afgelope 24-uur 38 keer aangeval. Lugaanvalsirenes het in die hoofstad weerklink, terwyl owerhede inwoners gewaarsku het om weg te bly van gebiede waar brandbestryders steeds besig is om brande te blus. Die jongste aanvalle volg na ‘n groot Russiese aanval gister op Oekraïne.
# Tennis: Die verdedigende vrouekampioen, Aryna Sabalenka van Belarus, speel teen die Colombiaan Camila Osorio in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope. Sy is die sleutelspeler in die boonste deel van die trekking wat ook die Wimbledon-kampioen, die Tsjeg Linda Noskova, insluit. Die heersende Australiese Ope-kampioen, Elena Rybakina van Kazakstan, begin teen die Amerikaanse promotorskeuse Thea Frodin, en kan die voorste wêreldranglys-posisie by Sabalenka oorneem na die toernooi. Die voormalige kampioen Coco Gauff speel teen Zeynep Sonmez van Turkye . Die tweemalige kampioen Venus Williams speel teen haar Amerikaanse landgenoot, Sofia Kenin.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-1-sent teen die dollar, 18-rand-64-sent teen die euro en 21-rand-73-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 79-duisend-425-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-600-dollar-36-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 89-dollar-81-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….