# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het beloof om die volgende vyf jaar minstens 500-duisend nuwe werksgeleenthede te skep indien die DA beheer behou in die plaaslike regeringsverkiesing. Hy sê die metro het die afgelope vyf jaar 418-duisend werksgeleenthede geskep, byna die helfte van alle nuwe werksgeleenthede in Suid-Afrika se agt metro’s. Hill-Lewis sê die stad se werkstrategie fokus op belegging, infrastruktuur, die vermindering van burokrasie en die ondersteuning van ondernemings:
Kaapstad se burgemeester beloof 500 000 nuwe werksgeleenthede [KLANK]
AFR-Hill-LewisOnJobs