# RISE Mzansi is krities oor onlangse polisiemisdaadstatistiek en voer aan die aangemelde afname in kontakmisdade skep ‘n vals gevoel van sekuriteit terwyl die toenemende krisis van geslagsgeweld in die land geïgnoreer word. Drie-honderd-en-vyf mense is van April tot Junie vanjaar vermoor as ‘n direkte gevolg van gepeupelreg. Makashule Gana van RISE Mzansi sê geslagsgeweld […]
# Geweervuur en ontploffings is vroeg vanoggend in verskeie dele van Niger se hoofstad, Niamey, aangemeld. Reuters-getuies het geweervuur en ontploffings in die stad beskryf, maar daar was geen amptelike verklaring oor die oorsaak of enige ongevalle nie. Niger is onder militêre bewind sedert ‘n staatsgreep in Julie 2023 wat president Mohamed Bazoum uit die […]
# Tennis: Carlos Alcaraz sê hy voel goed oor sy polsgewrig voor sy Amerikaanse Ope-titelverdediging, hoewel die Spanjaard erken hy is angstig oor sy terugkeer na enkelspelwedstryde, ná ‘n afwesigheid van vier maande. Die 23-jarige is sedert April buite aksie met ‘n regterpolsbesering en het die Franse Ope en Wimbledon misgeloop. Alcaraz sê intensiewe oefensessies […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-een Aryna Sabalenka sê sy is steeds vol vertroue om ‘n derde agtereenvolgende Amerikaanse Ope-titel in New York te verower. Die kampioen van Belarus het sedert Maart nog nie ‘n toernooi gewen nie en is vroeg reeds by die Franse Ope, Wimbledon, Kanadese Ope en Cincinnati uitgeskakel. Sabalenka sê ondanks die insinkings, […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, doen ‘n beroep op strenger optrede teen ongelisensieerde drankwinkels, aangesien alkohol landwyd ‘n sterk dryfveer vir geweldsmisdaad is. Cachalia het die media ingelig oor die jongste misdaadstatistiek tussen April en Junie en sê geweld vind dikwels snags en oor naweke plaas, veral rondom drankwinkels. Hy sê sterker […]
# Twaalf SAPD-lede is in Limpopo beseer en ‘n onbekende motoris is dood na ‘n botsing gisteraand op die N1 naby die Astron-vulstasie in Limpopo. ‘n Polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba sê die ongeluk het gebeur toe die motoris in ‘n noordelike rigting op die N1 uit sy laan beweeg en teen ‘n polisie minibus gebots het:
# Rugby: Tino Mavesere het vier drieë vir die Haaie-15 gedruk om die Bulle met 53-22 op Kings Park in Durban kaf te draf. Die Zimbabwiese internasionale speler het in die vyfde, 12de, 32ste en 66ste minute drieë gedruk terwyl die Sharks-15 nege drieë ingeryg het om ‘n bonuspunt te verseker en sodoende met 18 […]
# Suid-Afrika het ‘n dossier by die Internasionale Geregshof ingedien waarin Israel beskuldig word dat hy nie voldoen het aan die Hof se wetlik bindende bevele wat daarop gemik is om Palestyne in Gaza teen volksmoord te beskerm nie. Die Departement van Internasionale Betrekkinge sê die dossier is Dinsdag ingedien om regters te help wat […]