# Sokker: Die Europese beheerliggaam, UEFA, beplan steeds om FIFA-kompetisies te boikot, ondanks president Gianni Infantino se verskoning oor sy afgestelde planne om Wêreldbeker-aandele aan privaat beleggers te verkoop. UEFA sê lidlande was duidelik oor die voorwaardes vir deelname aan FIFA-kompetisies, maar nie almal is nagekom nie. Die boikot plaas Europese spanne se deelname aan […]
# Gauteng se LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, vra sterker vennootskappe tussen regerings, die privaat sektor en vervoer-rolspelers om Afrika se volgende mobiliteit-revolusie aan te dryf. Sy het gister die internasionale vereniging vir openbare vervoer in Afrika se konferensie in Sandton, Johannesburg, toegespreek. Die departement se woordvoerder, Lesiba Mpya, sê die LUR het beklemtoon […]
# Die ActionSA lid van die Parlement, Dereleen James, het aantygings van die Madlanga-kommissie dat sy geheime misdaadintelligensie-dokumente ontvang het, ten sterkste ontken. Die aantyging is deur die staatsadvokaat van die Ondersoekdirektoraad teen Korrupsie, Drushantha Ramsamy, gemaak, wat aanvoer die dokumente is onder James se parlementêre kantoordeur ingeskuif. James het aan die SABC gesê haar […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, het deurgedring na die ronde van 16 van die Kanadese Ope in Toronto toe sy Zhang Shuai van China geklop het. Die derde-gekeurde Amerikaner , Jessica Pegula, is ook deur toe sy Kamilla Rakhimova van Oesbekistan verslaan het. Die sewende-gekeurde Pool, Iga Swiatek, het Viktorija Golubic van […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, gaan vandag in Johannesburg voor die Khampepe Kommissie van Ondersoek en Vervolging van misdade uit die apartheid-era verskyn. Sy sal onder meer getuig oor haar rol as minister in die ondersoek en vervolging van misdade uit die tydperk en die toepassing van aanbevelings deur die […]