# Die Mededingingskommissie het die aanstelling van Bukhosibakhe Majenge en Tamara Mokoka as adjunk-kommissarisse van die Kommissie verwelkom, wat Dinsdag 1 September in werking tree. Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het die aanstellings aangekondig. ‘n Woordvoerder, Siyabulela Makunga, sê albei is institusioneel ontwikkelde leiers wie se loopbane oor baie jare deur […]
# SAFTU het die regering en die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding versoek om die transformasie van die hoëronderwyssektor te prioritiseer. Statistiek toon 39,7-persent van die professore aan die Universiteit van Kaapstad is wit, 39,3- persent is buitelandse burgers, terwyl Afrika-, bruin en Indiese professore saam slegs 22,6-persent uitmaak. Asive Dyani van SAFTU sê […]
# Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die land se jongste kwartaallikse polisiemisdaadstatistiek bied geen rede vir selfvoldaanheid nie. Tussen April en Junie vanjaar is vyf-duisend-427 mense in Suid-Afrika vermoor. Kontakmisdaad het met 2,3- persent afgeneem, terwyl die aantal moorde met 5,9-persent gedaal het. Bennie van Zyl van TLU SA sê egter die regering kan nie […]
# n Agtjarige seun wat Nepal se verwoestende vloede oorleef het deur in ‘n woud in te hardloop en in bome te klim, is met sy ma herenig. Zoyal Ghale is uit die vloedgeteisterde Rasuwa-distrik gered met ‘n gebreekte been en beserings aan sy gesig, en toe per helikopter na die hospitaal in Kathmandu geneem. […]
# Rugby: Siya Kolisie sê die Springbokke kan moed skep uit vorige terugslae terwyl hulle voorberei vir vanmiddag se groot wedstryd teen die All Blacks net na vyf. Suid-Afrika is met een-nul agter in die reeks van vier toetse en moet wen om ‘n kans te staan om die Greatest Rivalry-trofee te wen. Kolisi, wat […]
# Gholf: Jean Hugo het sy 22ste Sonskyn-toertitel ingepalm na hy die Sunbet Challenge op die Wild Coast Sun-baan met een hou gewen het. Die 50-jarige het ‘n finale ronde van 65 voltooi om agt-onderbaansyfer te eindig met Nikhil Rama tweede op sewe-onder. Hugo het die finale ronde in die gesamentlike 11de plek begin, maar […]
# COSATU doen ‘n beroep op dringende maatreëls om werkers en die ekonomie te beskerm teen die skerp brandstofprysstygings wat volgende week verwag word. Petrol sal na verwagting met tot een-rand-sewe-sent per liter styg, terwyl diesel met soveel as twee-rand-92-sent kan styg. Die vakbondfederasie sê die verhogings sal verdere druk op huishoudings plaas wat reeds […]