# Die Black Business Council sê hy ondersteun die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se versoek om die Wet op die Openbare Beleggingskorporasie te wysig. Die minister het vroeër die week bevestig dat die Kabinet binnekort voorstelle gaan oorweeg om die bestaande praktyk te wysig dat ʼn adjunkminister ondervoorsitter is met ʼn onafhanklike nie-uitvoerende voorsitter […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het twee nuwe uitvoerende opdragte onderteken wat behels dat kinders nie outomaties Amerikaanse burgerskap kry nie deur sogenaamde geboorte-toerisme te verbied. Die Hoërhof het verlede maand sy poging verwerp om geboortereg-burgerskap te beëindig. Die Migrasiebeleid-instituut reken tussen 22- en 26-duisend babas word jaarliks in Amerika gebore as geboorte-toerisme. Trump […]
# Die spysenieringsvakbond, SACCAWU, sê Boxer-werknemers word onregverdig behandel. Die vakbond sê hoewel Boxer een van Suid-Afrika se voorste voedsel-kleinhandelaars is, met markkapitalisasie van sowat 33-miljard-rand, word baie werknemers volgens hom uitgebuit en onbillik behandel. SACCAWU sê volgens berigte kry werknemers opdrag om aan die einde van hul skof uit te klok, maar dan terug te […]
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê ʼn kouefront sal die Wes- en Noord-Kaap na verwagting Sondag tref wat baie koue, nat en winderige toestande en rowwe see gaan veroorsaak. Sneeu word ook oor bergagtige gebiede verwag. Hierdie toestande sal na die Oos-Kaap uitbrei. Die weervoorspeller, Tokelo Chiloane, sê die bolug-trog sal moontlik teen Maandag verdiep terwyl […]
# Die GOOD-party beskuldig die Stad Kaapstad van die verberging van ‘n datasentrum-toekenning van 174-megawatt vir privaat datasentrums. Die party beweer die leierskap van die portefeuljekomitee oor Energie ontduik deursigtigheid deur die toekenning weg te steek. Joy Kamineth van GOOD sê die voorgestelde hiper-groot Equinix-datasentrum in King Air Industria sal reusedruk plaas op skaars energie- […]
# Tydens multidissiplinêre wetstoepassing- en nakomingsoperasies in Pretoria-Wes en Hercules in Tshwane, is 374 verdagtes gister in hegtenis geneem. Hulle is aangekeer weens misdade soos moord, poging tot moord en gewapende roof. Die polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê 54 onwettige buitelanders is ook vasgetrek en aan immigrasiebeamptes oorhandig: