# Rugby: Siya Kolisie sê die Springbokke kan moed skep uit vorige terugslae terwyl hulle voorberei vir vanmiddag se groot wedstryd teen die All Blacks net na vyf. Suid-Afrika is met een-nul agter in die reeks van vier toetse en moet wen om ‘n kans te staan om die Greatest Rivalry-trofee te wen. Kolisi, wat terug in die span is na ‘n besering, sê die Bokke was voorheen al in ‘n moeilike posisie ondermeer na hulle die openingswedstryd by die 2019-Wêreldbeker verloor het en die eerste toets teen die Britse en Ierse Leeus in 2021. Hy sê daardie ervarings het hulle sterk gemaak.
Rugby: Kolisi sê Bokke kan moed skep uit vorige terugslae en oorwinnings