# Rugby: Die Springbokke sal weereens die nommer-een-posisie op die wêreldranglys beklee as hulle vandag teen die All Blacks in Kaapstad wen. Suid-Afrika het die posisie aan Nieu-Seeland afgestaan ná verlede naweek se nederlaag van 33-16 in die eerste toets van die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks op Ellispark. Ierland is tans derde op die ranglys, gevolg deur Frankryk, Engeland en Skotland. Argentinië lê in die sewende plek, Australië is agtste, Fidji negende, en Wallis tiende. Die wedstryd op die Kaapstad-stadion begin vanmiddag net ná vyfuur.
Rugby: Oorwinning sal Springbokke weereens eerste op wêreldranglys plaas